af
Peet van Staden

Krake

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
As hy die finansiële state het, kan hy begin. Dan kom die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hul base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer ’n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is só ’n finansiële dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy sal tref of selfs ’n skoot sal inkry nie, maar dis die begin van die jag. Roux Venske, hy is dié jagter. Jare in die staatsdiens, eers die polisie en toe forensies, maar nou vryskut. Die oproep wat hy van Nono Baloyi gekry het, maak hom nie juis opgewonde nie. Hy het nie ooghare vir die nuwe politieke elite nie, hulle is vir hom net so erg soos die voriges. Maar toe kry hy, terwyl hy met haar goed besig is, dié state. Dié van Vincent Mabena, een van die rykste mense in die land. En die jag begin. Krake is ’n goed geoliede geweer van ’n spanningsroman. Vlot, blitssnel, doodsekuur, maar met ’n polsslag wat saamval met die hartklop van hierdie komplekse land en al sy mense.
This book is currently unavailable
240 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)