af
Marita van der Vyver

'n Fontein voor ons deur

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.

En wat gebeur toe?

Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis.

En wat gebeur nou?

Hulle trek. En nie waarheen nie … Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.

’n Fontein voor ons deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek.
Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.
This book is currently unavailable
253 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)