af
Ebbe Dommisse

Anton Rupert: 'n lewensverhaal

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Die merkwaardige lewensverhaal van die Suid-Afrikaanse magnaat en weldoener dr. Anton Rupert word hier volledig en sonder doekies omdraai vertel.

Dit is die verhaal van 'n seun uit die Karoo wat in die Depressie grootgeword het. Hy het nie soos Harry Oppenheimer, 'n ander Suid-Afrikaanse miljoenêr, ryk geërf of sy miljoene uit mynbou gemaak nie. Sy Rembrandt Groep was vervaardigers wat wêreldbekend geword het met handelsmerke soos Cartier, Dunhill, Rothmans en Montblanc. Binne dekades is 'n familiedinastie opgebou wat die Ruperts, naas die Oppenheimers, die rykste familie in Afrika gemaak het.

Maar Rupert was gedryf deur veel meer as die vergaar van rykdom. Lewenslank het hy geglo in deelgenootskap en saambestaan en dit uitgeleef; gevolglik het hy telkens met die politieke leiers van die dag gebots. Hy het ook die kunste, kultuur- en natuurbewaring bevorder en het begin met oorgrensparke, 'n internasionale vernuwing wat nuus gemaak het.

'n Besielende boek wat put uit omvangryke navorsing en vele gesprekke met Rupert, sy familie en mense wêreldwyd wat hom geken het.
This book is currently unavailable
947 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)