af
Riens Vosloo,Henk Viljoen,Belinda Prinsloo,Heleen Stevens

Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Piekfyn Afrikaans Graad 12 bevat interessante en eietydse leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou moontlik sal help met ’n beroepskeuse ná jou matriekjaar.

Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • vir begrip en waardering verskeie fiksie— en niefiksietekste lees;
• verskeie visuele tekste krities interpreteer en verduidelik;
• in verskillende sosiale situasies oortuigend en duidelik kommunikeer;
• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer;
• aandagtig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos gebruik in mondelinge en skriftelike aanbiedings; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste volgens prosesskryf aanbied.

Maar dis nie al nie … Piekfyn Afrikaans help jou ook met jou voorbereiding vir die halfjaar— en eindeksamen. Al vier vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien — ook toetse en verskeie hersieningsoefeninge.

Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Huistaal met vlieënde vaandels te slaag!

Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!
This book is currently unavailable
952 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)