af
Christiaan Bakkes

Stoffel in Afrika

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Hierdie vyfde bundel oor die wel en wee van Stoffel Mathysen — veldkenner, bewaringskundige en safarileier — bied ’n nuwe invalshoek en nuwe ervarings. Hoewel hy reeds dekades lank in Suider-Afrika werk, neem sy ekspedisies na Midde-Afrika hom tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika. Om skatryk kliënte op die gesogte gorillasafari’s in Uganda en Rwanda te begelei, is nie altyd so glansryk soos dit klink nie, maar met sy kenmerkende humor, fyn mensekennis en ironiese kyk maak Stoffel telkens daarvan ’n andersoortige avontuur. Deur dit alles en oor alles heen strek sy gedagtes en gesprekke in ’n durende poging om Afrika te deurgrond. Hierdie verhale volg opnuut ’n kronkelpad deur Stoffel se kleurryke lewe: sy vroeë jare as wildbewaarder en sy werk as soldaat en teenstroper-veldwagter, sy tyd as WWF-beampte in die Kaokoveld, en sy huidige betrokkenheid in Damaraland by die bewaring van swartrenosters. Die leser leer ook die heel persoonlike Stoffel ken, saam met sy geliefde Nina en hulle troeteldiere — wat altyd sorg vir ’n krisis of twee!
This book is currently unavailable
169 printed pages
Original publication
2010
Publication year
2010
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)