af
Elize Mitchell

Seisoen van ons liefde

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
  • doneshiafritzhas quoted8 years ago
    notas byhou. Sy steek hoeka lekker lyf weg.”
    Met haar been ontsmet en behandel, drink Tanya twee hoofpynpille en gaan lê weer. Sy voel koorsig en hoor nie eens toe die voertuie vertrek nie. Sy raak amper onmiddellik aan die slaap.
    Dis eers ’n paar uur later dat sy wakker word. Die hoofpyn is beter en die bytplek klop nie meer so pynlik nie, alhoewel dit nog kliphard en bloedrooi opgeswel is. Sy maak vir haar iets om te eet en gaan sit dan in die koelte langs die rivier. Die sonnetjie steek nou venynig en die sonbesies skree hulle eentonige gesang. Daar roer nie ’n luggie nie en die sweet loop in straaltjies uit haar hare.
    Sy besluit op die ingewing van die oomblik om in die rivier af te koel. Sy duik met klere en al in en die water is verfrissend koud. Omdat sy weet daar is niemand in die nabyheid nie, besluit sy om die kans te benut en haar klere te was. Sy trek alles uit en spoel die klere tydsaam uit. Toe sy klaar is, gooi sy dit oor ’n tak om droog te word.
    Daarna spring sy terug in die rivier en swem met vinnige hale dieper in tot by ’n groterige rots. Sy klouter daarteen uit en strek haar naakte
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)