af
Books
Susan Pienaar

Onbeteuelde liefde

Isabella Santarelli keer uit Italië terug na haar geboorteland, Suid-Afrika, om haar pa op sy Vrystaatse plaas by te staan nadat hy sy been gebreek het. Sy het haar internasionale modelloopbaan laat vaar en droom daarvan om ’n opleidingskamp vir saalperdruiters op hul plaas te begin. Haar pa betrek die hulp van die buurplaas se eienaar, Nicholas Burger, ’n veearts en renperdteler. Die einste Nicholas vir wie Isabella die leviete voorgelees het toe sy hom vir ’n agtelosige vulstasie-eienaar aangesien het. Ondanks dié eerste ontmoeting kan die vuurwarm Nicholas skaars sy oë én hande van Isabella afhou as hulle alleen saam is. En sý vaar nie veel beter nie, want Nicholas se ruwe manlikheid is darem net té aanloklik. Is dit die begin van ’n verhouding wat veel dieper as bloot fisieke aantrekking gaan? Of lê Nicholas net by Isabella aan om haar familieplaas te bekom?
182 printed pages
Original publication
2016
Publishers
Tafelberg, Satyn

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)