af
Elsa Joubert

Reise van Isobelle

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Die jare 1894 tot 1994 is vir die Afrikaner ’n tydperk van grootse maar veral pynlike gebeure. ’n Gewone Suid-Afrikaanse familie beleef in hierdie roman die Anglo-Boereoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die 1914-Rebellie, 1918 se tragiese Groot Griep en 1938 se besielende Voortrekkereeufees, die Tweede Wêreldoorlog se gruwels, die 1948-verkiesing wat tot apartheid se hoogbloei lei, en die tagtigerjare se opstande.  Belangwekkende historiese gebeure bly egter kil feite voor dit deur die individu deurleef word. Daarin lê die groot krag van hierdie meesterlike roman: Dit gebeur met mense – iedereen met sy persoonlike oortuiging en ideale – wat nie net op persoonlike vlak met andere bots nie maar ook vasgevang word in burgeroorloë en lotsbepalende besluite. Smutsmanne, apologete vir apartheid, liberale en oorlogshelde en bekende volksfigure soos die patriargale dominee en die oujongnooitante spreek tot die leser as onvergeetlike mense in eie reg. Wie en wat is die Afrikaner? En wat is verraad? Wie is “my mense”? Wanneer word die mens bloot vermink en wanneer is die stryd sinryk? Dit is die diepgaande vrae waaraan hierdie karakters dimensie verleen. As sodanig gooi die roman sy net so wyd dat dit ook aktuele werklikheid inhou vir meer as net die Afrikaner.
This book is currently unavailable
836 printed pages
Original publication
2011
Publication year
2011
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)