af
Etienne le Roux

Die Silberstein-trilogie

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
’n Welkome heruitgawe van Leroux se trilogie wat die romans Sewe dae by die Silbersteins (1962), Een vir Azazel (1964) en Die derde oog (1966) insluit. Dit is romans wat in Suid-Afrika en die buiteland hoog aangeslaan is. Nie net het die afsonderlike romans destyds in Brittanje en Amerika (en elders) aandag getrek nie, maar Penguin het ook in 1972 in hul Modern Classics-reeks die trilogie uitgegee onder die titel To a Dubious Salvation (‘n heruitgawe het in 1985 gevolg).

Die eerste roman is ’n verslag van Henry van Eeden se weeklange besoek aan die Silbersteins se groot landgoed om Salome, sy toekomstige bruid, te ontmoet. Elke dag lewer bisarre ervarings op en dit word vir Henry ’n inisiasieproses: hy moet sy onskuld verloor en kennismaak met die verweefdheid van die goeie en die bose. Op die oog af is Een vir Azazel ’n speurroman waar ’n moord opgelos moet word, maar dit gaan ook oor die mens se behoefte aan ’n sondebok: Die agterdog wat opbou en fokus op die Reus Adam Kadmon, ’n verstandelik vertraagde jongman, lei tot ’n tragedie – een van die aangrypendste tonele in die Afrikaanse letterkunde. In die laaste roman moet kaptein Demosthenes H de Goede die magnaat Boris Gudenov opspoor.
This book is currently unavailable
525 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)