af
Daniël Johannes Louw

Liefde is vir altyd

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Verloofdes wat gaan trou, kan dit in hul wittebroodtasse pak. Mense wat ’n permanente verbintenis aan mekaar gesweer het en opreg bedoel om toegewy aan mekaar te lewe, kan die boek gebruik om mekaar se lewens te verryk. Selfs ná veertig of vyftig getroude jare kan ’n mens met so ’n boek weer die liefdesvlam hoog blaas en opgewonde raak oor nuwe moontlikhede vir die bou van verhoudings.
Miskien voel jy soms onseker oor jouself en jy wonder of jou verhouding ooit gaan uitwerk. Dalk het jy indringende vrae oor seks en seksualiteit of selfs oor die aard van die liefde. Jy is dalk skepties oor jou maat se motiewe … Die Bybel wil mense se lewens verryk anderkant die begrensings van menslike potensiaal en kultuur. Die huwelik is ’n kuns van liefde en ’n guns van Gods genade. Wie ons in Christus is, en hoe ons dit aanwend om tot volwassenheid te groei en die lewe mooi en heel te maak, te bemagtig en te verryk – dít is wat liefde vir altyd laat voortleef.
This book is currently unavailable
278 printed pages
Original publication
2013
Publication year
2013
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)