af
C.Johan Bakkes

Norrevok

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Die klim van ’n berg is amper soos die lewenspad. Sonder om nou te erg filosofies te raak – jy staan onder in die vlak en voetheuwels met jou lewe voor jou. Dan pak jy hom aan. Dit gaan gepaard met stampe en stote en swaar. Daar’s ook heerlike oomblikke – as jy rus en terugkyk na die pad waarlangs jy gevorder het. Maar ewig wink die kruin, en met hernieude krag stu jy opwaarts … Die maklik begaanbare weë hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle weë wat met bloedsweet gepaardgaan. Dáár waar min ander dit nog gewaag het.Norrevøk, so wil gerugte dit hê, is ’n klein ou dorpie net anderkant Novisibirsk in Siberië. Daar waar dit rérig koud raak, soos in minus-40-grade-koud. Maar as jou naam Bakkes is, is die woord norrevøk min of meer sinoniem met “nooit boedel oorgee nie” … Mettertyd bied Nepal, Pakistan en Ethiopië net nie meer genoeg van ’n uitdaging nie, en dan neem jou reise jou na toenemend vreemde plekke, daar waarheen die gewone toeris nie graag gaan nie, daar waar net die plaaslike inwoners hul eie taal verstaan. Niks Engels . . . en nog minder Afrikaans.Maar deur Afrikaans te brabbel en totaal dolli inkapas te pleit, help darem dat mens nie van die Trans-Siberiese trein afgegooi word nie. En met gebaretaal en akteursvernuf kan ’n ou ’n redelike ent kom; as jy byvoorbeeld in Sjina soos ’n mal koei moe en met jou hande bokant jou kop horings naboots en ’n denkbeeldige matador bestorm, kan jy darem keer dat iets aan jou voorgesit word wat eens die naam “Wagter” kon gehad het.Hier is heerlike, avontuurlustige vertellings, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie. Ons lees van “’n Russiese plukspan”, van “die kragman van Krasnoyarsk”, van “die Engel van Qufu” … Jy reis immer voort, en telkens kom die wete: soms moet jy eers die niemandsland betree om weer opnuut te kan besef wie jý is.
This book is currently unavailable
158 printed pages
Publication year
2011
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)