af
Books
Bettie Naudé

Saartjie se dapper daad (#13)

Saartjie se ouer broer, Kris, het groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir ’n vent met ’n blink motor en ’n snor. Lynnekom se rabbedoe glo vas alle mans wat ’n snor het, is skurke en besluit sy en haar vriendinne moet die windlawaai op sy plek sit sodat haar broer weer gelukkig kan wees. Sy kom vorendag met ’n skreeusnaakse plan wat tot groot pret lei. ’n Seun van Zimbabwe kuier in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Hy is verwaand en beterweterig en ons heldin doen haar bes om hom te ignoreer, maar ongelukkig het hy iets wat sy bitter graag wil hê – ’n wonderlike nuwe pen wat in vier kleure kan skryf. Saartjie soek naarstiglik iets om vir die seun in ruil vir die pen te gee, maar hy hou vol hy stel nie belang nie. Min weet hierdie twee wat so vassit hul name gaan eersdaags saam in koerante regoor die land verskyn!
127 printed pages
Original publication
2011

Impressions

How did you like the book?

Sign in or Register
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)