af
Karel Schoeman

VERLIESFONTEIN

Notify me when the book’s added
To read this book, upload an EPUB or FB2 file to Bookmate. How do I upload a book?
Verliesfontein is die eerste roman in die drieluik Stemme wat begin is, en die laaste wat voltooi is. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dit oor die Suid-Afrikaanse verlede, en meer spesifiek die verlede van die Afrikaner, soos beskryf in die woorde van diegene wat dit self ervaar het. Die sentrale gegewe in hierdie roman is die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog. Eerste aan die woord is ’n skrywer-verteller, ’n historikus in die hede op soek na ’n spesifieke dorpie in die Kaapkolonie wat tydens die Anglo-Boereoorlog deur ’n Vrystaatse kommando ingeval is. Die aanvanklike fokus van sy navorsing is die Kaapse rebel Giel Fourie, maar deur die herinneringe van drie karakters uit die verlede verskuif die fokus geleidelik na die bruin man Adam Balie wat deur die Boeremagte doodgeskiet is. Die drie “stemme” is dié van Alice, ’n Skotse meisie wie se pa die magistraat was, Kallie, die magistraatsklerk, en Miss Godby, die dokter se suster.
This book is currently unavailable
357 printed pages
Original publication
2014
Publication year
2014
Have you already read it? How did you like it?
👍👎
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)