af

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen se eerste jeugboek Breinbliksem is in 2005 bekroon met goud in die Sanlamprys vir jeuglektuur en dit het ook die MER-prys vir jeuglektuur ontvang. Sy kinderboek, Geraamte in die klas, ontvang in 2007 die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke én ’n ATKV-Woordveertjie. Sy tweede jeugboek, Onderwêreld, word in 2008 met die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) bekroon.

Sy ander bekende boeke is Miserella (2007), die Klits Kronkel-reeks (2007, 2008) en Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008). Fanie woon in Bloemfontein en hy skilder en skryf voltyds.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)