Marita van der Vyver

Marita van der Vyver is in Kaapstad gebore, was op laerskool in Bellville en op hoërskool in Menlopark en Nelspruit. In haar matriekjaar, die Afrikaanse Eeufeesjaar in 1975, wen sy ’n landwye digkunswedstryd vir hoërskoolleerlinge. Die prys is ’n studiebeurs vir vier jaar aan die universiteit van haar keuse. Sy gaan na Stellenbosch, waar sy in 1978 ’n B.A. en in 1979 ’n honneursgraad (cum laude) in joernalistiek verwerf. ’n Paar jaar later, as deeltydse student, behaal sy ’n meestersgraad in joernalistiek met ’n tesis oor die vrou in die Afrikaanse pers. Sy het deelgeneem aan skrywerstoere, literêre konferensies en openbare voorlesings in die VSA, Kanada, Nederland, België, Oostenryk en Suid-Afrika.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)