Maretha Maartens

Maretha Maartens is in 1945 in Bloemfontein gebore. Sy word groot op Jacobsdal en Petrusburg en studeer aan die Universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch. Haar man, Hennie, is ’n predikant en hulle woon in Bloemfontein. Maretha was van 1998 tot 2000 redakteur van die tydskrif Finesse. Sy het al rondom 90 boeke geskryf – romans, liefdesverhale, kinder-, jeug- en tienerboeke, godsdienstige boeke en geestelike dagboeke. Maretha is vier keer met die Sanlamprys vir jeuglektuur bekroon vir onder meer Die sakmense en Plek van dolfyne. Haar opspraakwekkende tienerroman ’n Pot vol winter is in 1989 met die Andrew Murray-toekenning bekroon en haar roman Jacoba Afrikaner was in 2001 op die kortlys van die Sanlam/Insig/Kwêla-romanwedstryd.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)