Ilza Roggeband

Ilza Roggeband is in Johannesburg gebore. Sy was ’n leerling aan Laerskool Unika, waar sy ’n biblioteekprefek was, en Hoërskool Randburg en het ná skool ’n diploma in modeontwerp voltooi. Na draaie by die SAUK, verskeie advertensiemaatskappye en ’n dag en ’n half by ’n motorverhuringsmaatskappy, het sy by Huisgenoot in Johannesburg as redaksionele assistent begin werk. In bykans 18 jaar by Media24 was sy by Huisgenoot, Sarie en toe weer by Huisgenoot waar sy onder meer betrokke was by die tydskrift se verhoë by kunstefeeste soos Aardklop en KKNK, asook die musiekkonsert Skouspel. Sy het in 2007 as vryskutjoernalis begin werk en in 2009 het haar boek 50 Stemme – Die Grootste Name in Afrikaanse Musiek verskyn. Sy is die wenner van vier ATKVeertjies.

Ilza woon in Melkbosstrand saam met haar seun, Zac.

Books

fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)