Pat Stamatelos

Pat Stamatélos is in Goodwood in die Kaap gebore. Ná die dood van haar ma op agtjarige ouderdom gaan woon sy by haar tannies in die Strand. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Hottentots-Holland, en drie jaar later verhuis sy na Johannesburg. Deesdae woon Pat in Randfontein, naby Krugersdorp.

Haar debuutroman, Kroes (2005) is uitstekend ontvang. Twee jaar later word Die val van die dice (2007) gepubliseer met Die portier (2009) kort daarna. Sy volg dit op met Vier begrafnisse en ’n troue (2010) en Madeliefies van staal (2012).

Kroes is vir die verhoog verwerk en is in 2008 landswyd opgevoer met akteurs Kim Engelbrecht en Nico Panagio in die hoofrolle.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)