af

Antjie Krog

Antjie Krog was agttien toe haar eerste digbundel, Dogter van Jefta, in 1970 verskyn het. Haar tweede bundel, Januarie-suite, is met die Eugène Marais-prys bekroon en Jerusalemgangers is in 1987 met die Rapportprys bekroon. In 1990 ontvang sy vir Lady Anne die Hertzogprys vir poësie. Krog het ook as joernalis en prosaskrywer naam gemaak. Country of My Skull (1998), haar verslag oor die Waarheids-en-versoeningskommissie, ontvang verskeie pryse: die Booksellers’ Choice-toekenning, die Hirosjima-stigting se toekenning vir vrede en kultuur, die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys. Dit is ook verwerk tot ’n film. Kleur kom nooit alleen nie is in 2001 met die eerste RAU-prys (UJ-prys) vir skeppende skryfwerk bekroon. Die sterre sê “tsau” (2004) het verskyn op die kortlys van die M-Net-prys vir poësie. Antjie Krog is sedert 2004 ’n buitengewone professor in lettere en wysbegeerte aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)