af

Marlene van Niekerk

Marlene van Niekerk debuteer in 1977 met die digbundel Sprokkelster, waarvoor sy die Eugène Marais- en die Ingrid Jonkerprys ontvang. Die tweede digbundel, Groenstaar, volg in 1983. Haar eerste roman, Triomf, verskyn in 1995 en word met die Noma-prys vir die beste boek uit Afrika bekroon. Tien jaar later verskyn Agaat wat ses toekennings, onder meer die Hertzogprys, ontvang. In 2006 verskyn, in samewerking met die kunstenaar Adriaan van Zyl, Memorandum: ’n verhaal met skilderye, en in 2010 Die sneeuslaper.
Marlene is ’n professor in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Haar romans word ook vertaal en uitstekend oorsee ontvang.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)