Chris Barnard

Chris Barnard is een van die sestigerfigure in die Afrikaanse letterkunde. Hy wou reeds toe hy agtien jaar oud was skrywer word. Ná sy B.A.- graad word hy joernalis en werk later as uitgewer by Afrikaanse Pers Boekhandel. In 1978 trou hy met die rolprentmaker Katinka Heyns en in samewerking met haar word hy filmvervaardiger en draaiboekskrywer. Van sy bekendste werk is Duiwel-in-die-bos (waarvoor hy die CAN-prys wen) en Mahala, wenner van die Hertzog- en W.A. Hofmeyr-pryse. Bekende jeugromans uit sy pen is Danda, die opvolg Danda op Oudeur en Voetpad na Vergelegen.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)