Danie Marais

Danie Marais is ’n omroeper by die Kaapse radiostasie Smile 90.4FM, vryskutjoernalis en digter.

Sy debuutbundel, In die buitenste ruimte (Tafelberg, 2006), ontvang die Ingrid Jonker-, Eugène Marais- en UJ-debuutprys. Aan sy tweede digbundel, Al is die maan ’n misverstand (Tafelberg, 2009), is die Suid-Afrikaanse letterkundetoekenning (SALA) vir poësie toegeken.

Hy het die bloemlesing As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toe (Tafelberg, 2009) saamgestel – ’n versameling van essays, briewe, kortverhale en strippe oor ervarings van emigrasie en/of verblyf in die buiteland. In 2010 is Nuwe stemme 4 (Tafelberg) gepubliseer – ’n bloemlesing met gedigte van belowende, voorheen ongepubliseerde digters wat Marais saam met Ronel de Goede gekeur en saamgestel het.
Marais skryf ’n gereelde rock-rubriek vir Beeld en Die Burger en is ’n medewerker van die koerantbylaag By waarvoor hy onder meer die maandelikse rubriek “Spookasem” oor letterkunde, flieks, kuns en popkultuur skryf. Hy het in 2012 die Media24 Legends-toekenning vir Leefstyljoernalis van die Jaar gekry en was in 2013 die naaswenner in dié kategorie.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)