Frans Rautenbach

Frans Rautenbach is 'n advokaat van Kaapstad. Hy het in Johannesburg grootgeword, en van sy vroegste herinnerings is van jaarlikse vakansies saam met sy ouers in die Wildtuin. Die Rautenbach-gesin het elke wintervakansie die pad Laeveld toe gevat. Hulle het dikwels langs die pad in 'n motel oorgeslaap - op sigself 'n avontuur - of anders het hulle vroeg die oggend uit Johannesburg vertrek en so teen agtuur naby die yskoue Belfast stilgehou vir 'n piekniek van gekookte eiers, frikkadelle en melkerige, soet koffie uit 'n warmwaterfles op 'n kliptafeltjie onder 'n bloekomboom langs die pad. Een van die eerste boeke wat Frans as 'n tjokkertjie oor die Wildtuin gelees het, was Hannes Kloppers se Veldwagter! (die gefiksionaliseerde biografie van Harry Kirkman, wat van 1933 tot 1958 'n veldwagter in die Krugerwildtuin was), wat 'n onuitwisbare indruk op hom gemaak het, en geen twyfel by hom gelaat het dat hy die gelyknamige beroep sou volg nie. Met die jare het hy agtergekom dat hy eintlik nie 'n veldwagter wou wees nie, maar gewoon daarvan hou om in die Wildtuin vakansie te hou. Baie daarvan hou. Op een so 'n vakansie het hy vir sy seun Stefan gesê hy wil nog eendag al sy ervarings oor hoe om die Wildtuin regtig te geniet neerskryf en met mense deel. Dié boek is die resultaat. Frans is getroud met Elmari (wat ook die redaksionele versorging van die Afrikaanse teks gedoen het) en hulle het drie kinders: Anneke, Stefan en Daniel (die fotograaf van die meeste foto's in die boek) - almal geswore Wildtuingangers.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)