Stefan Blom

Stefan Blom is ’n kliniese sielkundige wat in Kaapstad, Suid-Afrika, woon en werk. Hy het ’n meestersgraad aan die Universiteit Stellenbosch behaal, en spesialiseer in verhoudings en werk met paartjies en individue wat probeer sin maak van hulle verhoudings. Hy stel veral in die volgende breë temas belang: die dinamiek en patrone van verhoudings, konflik en meningsverskille, woedebestuur, trauma, mediasie en onderhandeling, oplossings, die prosesse om bande te vorm en te verbreek, verandering, om met nuwe mense te begin uitgaan, intimiteit, toegeneentheid en seks. Sy kliënte is meestal gewone mense wat verwyder voel van hulle lewensmaat. Blom se werk bied praktiese oplossings, rigting, verligting, beweging, groter bewustheid, begrip en verandering.
fb2epub
Drag & drop your files (not more than 5 at once)